Sunday, February 20, 2011

Twee mans, vrou in hegtenis weens plaasmoord

Kaapstad - Twee mans van Oranjeville en 'n vrou van Frankfort in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n boer op die plaas Mara naby Frankfort.

Volgens Harry Nagel, 'n polisiewoordvoerder, is die drie verdagtes is in die Frankfort-omgewing aangekeer ongeveer drie ure ná die moord Saterdagoggend op die 66-jarige Helgard Muller van Frankfort.

Die vuurwapen waarmee Muller vermoedelik geskiet is, is in die vrou se huis gevind.

Muller se vrou en huishulp is op die plaas oorval en die aanvallers het hom ingewag. Hulle het hom geskiet en met sy bakkie gevlug.

Die voertuig is later verlate op 'n grondpad naby Frankfort gekry. Muller het onderweg na die hospitaal beswyk.

- Vir meer inligting besoek RSG.

No comments:

Post a Comment