Sunday, February 13, 2011

Plaasmoorde plaas Zuma se staatsrede in grusame konteks

Geskryf deur praag
Sondag, 13 Februarie 2011 08:10
"Die jongste plaasmoorde in Noordwes toe Deon van Staden en sy vriendin, die 73-jarige Babs Strecker vermoor, en die jongste twee plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat kort na pres. Jacob Zuma se staatsrede plaas die president se standpunte oor 'n afname in sekere misdaadkategorieë in grusame konteks."
So sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP)

"Ons is baie bekommerd dat plaasaanvalle en ook plaasmoorde so onverpoosd voortduur, nie net in Noordwes en die Oos-Vrystaat nie, maar landswyd.

"Ons doen weer 'n beroep op die regering om die saak met die nodige erns aan te pak, maar ook op regeringsvlak konsekwent die boodskap sal uitstuur dat die landbougemeenskap nie vrybuit is nie.

"Die voorvalle plaas ook Zuma se stellings oor die hemel onder ANC-bewind in konteks."

No comments:

Post a Comment