Sunday, February 20, 2011

Boer op Stellenbosch-plaas doodgeskiet

Kaapstad – 'n 44 jaar oue boer van Cloetesville, Stellenbosch, is Vrydagoggend tydens 'n gewapende rooftog by sy huis doodgeskiet.

Luidens 'n polisieverklaring het die man sy vuurwapen gevat en gaan ondersoek instel toe hy oortreders hoor.

Hy is deur twee gewapende mans gekonfronteer en skote is afgevuur. Hy het op die toneel weens 'n skietwond aan sy bors beswyk.

Sy vrou en twee kinders is ongedeerd.

Die verdagtes het gevlug en 'n bloedspoor gelos, wat daarop dui dat een van hulle moontlik swaar gewond is.

'n Polisiesoektog duur voort.

Enigiemand met inligting kan kapt. Edwin Jones by 082 778 9952 kontak.

Mediese personeel word gevra om dit aan te meld as hulle enigiemand met skietwonde behandel.

Volg Nuus24 op Twitter


- Die Burger

No comments:

Post a Comment