Tuesday, August 31, 2010

Drie skiet man tuis dood

Kaapstad – ‘n Man is Maandagaand in Kaapstad dood nadat hy vermoedelik menigte kere deur drie gewapende mans by sy huis geskiet is.

Volgens kapt. Rewayne Muller het polisie rondom 21:50 by die 44-jarige man se huis in Tafelsig opgedaag en sy lyk met menigte koeëlwonde gevind.

“Daar word vermoed dat drie gewapende mans die huis binnegegaan het en dat ‘n argument tussen hulle en die man uitgebreek het. Hy is toe doodgeskiet,” het Muller gesê.

Dit is nie duidelik wat die rede vir die argument was nie en die drie mans het van die toneel gevlug.

‘n Saak van moord word ondersoek.

Volg Nuus24 op Twitter.


- SAPA

No comments:

Post a Comment