Tuesday, August 10, 2010

Polisie betrokke by veediefstal

"Die Christen-Demokratiese Party (CDP) is geskok deur die nuus dat polisielede betrokke is by die meeste veediefstalgevalle in die Vrystaat. Volgens die jongste beskikbare syfers verloor Vrystaatse boere jaarliks sowat R170 miljoen aan vee- en oesdiefstal. Boonop word sowat R44 miljoen se gereedskap en implemente elke jaar vasgelê," sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.
"Ons verwelkom die versekering van die provinsiale kommissaris, genl. Amon Mashigo, dat polisielede wat by veediefstal betrokke is afgedank sal word.

"Die gebeure by die plaaswerkersberaad in Somerset-Wes waar eers die TLU-SA en toe Agri SA uitgestap het, toon in welke vyandige omgewing die kommersiële boere voedselsekuriteit moet verseker. Boonop het Minister Tina Joemat-Pettersson die TLU SA bedank omdat sy onder die indruk was dat hulle enduit by die boere-"bashing" betrokke gebly het.

"Kort na die beraad was daar nog 'n plaasmoord."

No comments:

Post a Comment