Thursday, August 12, 2010

Swart aanvallers slaan man met panga dood

'n 46-jarige man is dood toe vyf swart verdagtes hom aangerand het nadat hulle toegang verkry het tot sy kleinhoewe buite Tzaneen, het die polisie in Limpopo Woensdag gesĂȘ.
Volgens lt. kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het die verdagtes balaklawas gedra en die eienaar Dinsdagaand by die hek van die hoewe ingewag.

"Hulle het die slagoffers met pangas en staalpype geslaan. Hy het op die toneel gesterf. Die huishulp is ook aangerand toe sy ondersoek gaan instel het," het Otto gesĂȘ.

Na bewering is die huishulp daarna in die huis ingesleep waarna die mans haar verkrag het.

Die verdagtes het met selfone, 'n televisie, 'n DVD-speler en vermoedelik twee vuurwapens op vlug geslaan.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

No comments:

Post a Comment