Thursday, August 5, 2010

Bejaarde sterf na plaasaanval

'n Bejaarde man van die Oos-Kaap wat ernstig tydens 'n plaasaanval beseer is, is oorlede. Hy het in die Livingstone Hospitaal in Port Elizabeth aan sy wonde beswyk.

Die 86-jarige Jack Bergsman is verlede naweek deur vier mans aangerand en verskeie kere met 'n mes gesteek in sy huis in die St Albans-omgewing.

Die mans het by die huis ingebreek terwyl hy geslaap het. Die aanvallers het gevlug toe veiligheidswagte op die plaas aangekom het.

'n Polisiewoordvoerder Sandra Janse van Rensburg, sĂȘ 'n 50-jarige swart verdagte word vir ondervraging aangehou. Hy sal waarskynlik vir die moord aangekla word.

No comments:

Post a Comment