Wednesday, May 2, 2012

Koppies milk-depot owners Cookie and Meisie Oosthuizen attacked, tortured for two hours incl. Russian Roulette threats, survive: required surgery

Description Summary: April 26 2012. Cookie Oosthuizen 69 left and his wife Meisie, 68, who run a milk-depot from their Free State smallholding Weltevrede near Koppies, survived a two-hour torture ordeal at the hands of at least four black males who spoke Sotho. Volksblad journalist Jana van der Merwe interviewed the couple after they had undergone surgery for severe stabbing wounds to their hands. The couple said they believed they were going to be shot dead when one of the men held a gun to their heads and pulled the trigger. The badly bleeding couple were tied up, at one stage Mrs Van der Merwe was dragged from her bed and threatened with rape to force her to open the safe. One of their torturers was also speaking on his cellphone to a person outside the premises. The attackers eventually left after torturing the couple for two hours, taking along R18,000 and two firearms from their safe. ----------- Afrikaans, original story: "Pistool kliek; egpaar spring dood vry" 2012-04-27 Mnr. Cookie Oosthuizen (69) en sy vrou, Meisie (68). Jana van der Merwe - “KLIEK. Kliek.” Met dié hol, vreesaanjaende klanke van hul eie gelaaide pistool op hulle gerig, het ’n Vrystaatse egpaar gister op hul kleinhoewe die dood vrygespring. Mnr. Cookie Oosthuizen (69) en sy vrou, Meisie (68), van die kleinhoewe Weltevrede in die distrik Koppies, het kort ná middernag op hul bed wakker geskrik met ’n rower bo-op elkeen. Mnr. Dawie Oosthuizen, Cookie se broer, sê die aanval-nagmerrie het twee uur lank aangehou.Die egpaar is gister in die Mediclinic Emfuleni in Vanderbijlpark vir hul beserings en skok behandel. Mev. Oosthuizen is aan haar hand geopereer.“Hul kamer lyk verskriklik. Dis net bloed waar jy kyk.”Hy sê die egpaar se honde het gister erg gebraak nadat die rowers vir hulle vergiftigde polonie ingegee het. Hy sê die rowers wou in die donkerte by sy broer en skoonsuster weet waar sit hulle die lig aan.“Die mans het hulle herhaaldelik (met ’n skroewedraaier en kombuismes) in die hande gesteek terwyl hulle vir hul lewe probeer keer het.” Die rowers met klapmusse en handskoene aan, het die paar met hul telefoonkoord en dasse, aan hul arms bo hul koppe, vasgebind. Hulle wou geld hê. Die Oosthuizens bedryf ’n melkdepot op die dorp.Die rowers het gesê hulle weet hulle het geld.Hulle het mev. Oosthuizen van die bed afgeruk en gedreig om haar te verkrag. “Sy het vir die rowers gesê hulle kan alles kry en vir hulle die kluis in ’n ander vertrek gaan oopsluit.”Die rowers het in die kluis R18000 en twee vuurwapens, ’n rewolwer en pistool, gesteel. Terug in die kamer het een die pistool eers op mnr. Oosthuizen gerig. Toe net ’n kliek. Hy het toe die vuurwapen op mev. Oosthuizen gerig. Wéér niks. “Die ander een was heeltyd op die selfoon besig met ’n makker wat buite in die kar gewag het. Hoewel die rowers heeltyd Afrikaans met hulle gepraat het, het hulle met die een in die motor buite Sotho gepraat. “My broer kan hul taal verstaan en het gehoor dat die een sê die pad raak besig, hulle moet vinnig maak.”Die rowers het met die geld en vuurwapens gevlug.Mnr. Oosthuizen het daarin geslaag om eers homself los te wikkel en toe sy vrou se hande los te maak. Albei se hande is erg beseer en geswel. Mnr. Oosthuizen het omstreeks 02:30 sy broer op die dorp gebel om te kom help.Mev. Lettie Tucker, die egpaar se dogter, en haar man, Gary, van Bloemfontein, het hulle dadelik na Vanderbijlpark gehaas nadat hulle van die aanval gehoor het. “My ma is oukei, my pa is oukei. Ons is so dankbaar. Mens verwag nie so iets nie.”Sers. Thabo Litabe, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die rowers is natuurlik nog steeds op vrye voet. - Volksblad http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-spring-dood-vry-toe-pistool-weier-

No comments:

Post a Comment