Sunday, June 12, 2011

Man in Pta beroof, geskiet

Pretoria – 'n Man (27) is doodgeskiet in Silverton in die ooste van Pretoria, het die polisie in Gauteng Sondag gesê.

Die man en sy vriendin het langs die pad gestap toe hulle deur drie mans genader is. Twee van dié mans was gewapen, het kapt. Johannes Maheso gesê.

Die trio het die paartjie van hul kontant en selfone beroof voor twee skote afgevuur is.

Die vrou is nie beseer nie.

No comments:

Post a Comment