REPORT DEATHS OF AFRIKANERS ON
•REPORT DEATHS OF AFRIKANERS ON
http://www.projek2010.co.za/Projek2010/aanvallys.aspx
http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2010/05/fears-of-boer-genocide-well-founded.html
http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2010/05/farm-murder-death-list-1987-may-28-2010.html
http://www.neo-genocide.com/farmitracker/
http://www.projek2010.co.za/Projek2010/aanvallys.aspx
http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2010/05/fears-of-boer-genocide-well-founded.html
http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2010/05/farm-murder-death-list-1987-may-28-2010.html
http://www.neo-genocide.com/farmitracker/
Sunday, July 29, 2012
Boere glo uitgebuit vir grond
Maryna Lamprecht
JOHANNESBURG. – Boere word glo geboelie om plase met grondeise op vir net sowat 60% van markwaarde aan die regering te verkoop.
Agri SA het ’n lys van meer as 400 boere in Suid-Afrika wat beweer hulle is slagoffers van die regering se “slinkse taktiek”.
Talle boere op die lys, van wie party in sak en as sit en geen heenkome het nie, het vertel hulle is “gedwing” om hul grond teen ’n fraksie van die markwaarde aan die regering te verkoop.
’n Piesangboer wat anoniem wil bly, het gesê amptenare van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het ’n grondwaardeerder na sy plaas gestuur om die waarde te bepaal.
Die departement het ’n aanbod gelykstaande aan die markwaarde aan hom gemaak. Hy het die aanbod aanvaar en ’n koopkontrak ontvang, onderteken deur die grondeisekommissaris. Hy het dit geteken.
Maande later, terwyl hy gewag het vir die koop om deur te gaan, het die departement hom ingelig dat hulle net 60% van die bedrag waarop ooreengekom is aan hom gaan betaal.
“Hulle sê net eenvoudig daar is nie genoeg geld om die grond mee te koop nie, so dit is hoe dit is.
“Ek het terugverwys na die ooreenkoms, maar hulle het gesê die transaksie is onderhewig aan goedkeuring van die minister van landbou en die minister het die bedrag afgekeur.
“Hulle onderhandel dan weer met jou oor die prys, maar dit gaan oor kleingeld. Hulle is bereid om sowat 5% meer te betaal net sodat hulle kan sê hulle het weer onderhandel.”
Die boer het gesê ’n mens kan die prys in die hof betwis, maar bygevoeg: “Die koste is te hoog en dit sloer jare lank, terwyl jy dan reeds ooreenkomste aangegaan het om nuwe grond te koop.”
Ander boere met wie Volksblad gepraat het, het gesê dieselfde het met hulle gebeur. Sommige is met leë hande by hul plase weg, omdat die koopprys net hul skuld op die grond gedek het en al hul spaargeld en pensioen wat in die plaas belê is, is ook daarmee heen.
Volgens dr. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, het hulle die saak reeds in 2008 na die Menseregtekommissie (MRK) verwys omdat dit “’n menseregtekwessie is wanneer jy van jou grond vervreem word vir politieke redes en minder as markwaarde betaal word”.
“Die MRK het niks gedoen nie. Ons het lêers vol korrespondensie aan hulle gestuur, maar ’n jaar later het hulle gesê hulle kyk nog na die saak.”
Pulane Molefe, woordvoerder van die departement, het gesê hulle hoef nie markwaarde aan die boere te betaal nie, hoewel die waarde in ag geneem word.
“Ons kyk ook na die gebruik van die plaas, die geskiedenis daarvan en hoe dit bekom is en bepaal dan ’n prys.
“As die boer ontevrede is, kan hy hof toe gaan.”
- Volksblad
Nog ’n SUT-student vermoor
Estée de Villiers
’n JONG student is een van minstens twee mense wat die naweek in Bloemfontein vermoor is.
Die lyk van die 23-jarige student aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) is Saterdagaand laat op die hoek van Eerste Laan en Parkweg, in Willows, gekry nadat hy met ’n mes in die bors gesteek is.
Enkele blokke weg is die lyk van Johannes Ludick Wiesner (46) in sy woonstel in Roselaan, Wilgehof, gekry.
Die student se lyk is glo deur ’n voetganger gekry. Die nooddienste is ontbied en hy is op die toneel dood verklaar. Volgens paramedici is die student met ’n mes in die bors gesteek en het hy hom waarskynlik doodgebloei.
Paramedici wat Saterdagaand op die toneel was, sê ooggetuies het gesê die student, ’n inwoner van die Loggies-koshuis op die SUT-kampus, het in die rigting van die kampus gestap toe ’n onbekende man by wie hy verby geloop het, hom teruggeroep het en met ’n mes in die bors gesteek het.
Dit is die vierde SUT-student wat sedert April verlede jaar vermoor is.
Die polisie kon gistermiddag nog nie die student se naam bekend maak nie omdat sy familie nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.
Die SUT se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Die student het glo net sy huissleutels by hom gehad en geen selfoon of beursie nie. Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die polisie weet nie wat die motief vir die moord was nie.
Wiesner se lyk is glo deur sy verhuurder in ’n plas bloed in sy woonstel gekry. Hy het vermoedelik aan kopbeserings gesterf. Volgens Marope is ’n bebloede hamer op die toneel gevind. Hy sê die polisie is onseker of enigiets uit die woonstel gesteel is.
Die polisie ondersoek albei sake. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
- Volksblad
Skote klap toe man motor wou verkoop
KAAPSTAD. – ’n Man se poging om sy motor aan ’n polisieman te verkoop, het Saterdagoggend in Kuilsrivier in ’n skietery ontaard toe twee mans hulle probeer beroof het.
’n Booswig is gewond en sy makker is op vrye voet.
Die twee verdagtes het Saterdagoggend twee mans wat in Brantwoodstraat, Kuilsrivier, voor die een se huis gestaan en praat het, beroof. Die twee het toe in een van dié mans se voertuig gespring en gepoog om weg te ry.
Een van die mans wat gedreig is, is ’n polisiebeampte wat by die parlement werk. Dié het toe sy vuurwapen uitgehaal en op die voertuig geskiet. Die voertuig het in ’n muur vasgery. Een verdagte is gewond en die ander het gevlug.
Dié drama het hom Saterdagoggend helder oordag afgespeel, het die eienaar van die huis in Brandwoodstraat (wat gedreig is), aan Die Burger gesê.
Hy het verkies om anoniem te bly.
Hy het gesê hy het ’n advertensie geplaas om sy voertuig te verkoop en dat die polisiebeampte belang gestel het om dit te koop.
“Die polisiebeampte het Saterdagoggend geld gaan trek en toe na my gekom. Ons het nog hier buite gestaan en gesels, toe kom twee ouens deur die hekkie.
“Hulle het gesê ons moet net ons cooperation gee en álles gee wat ons het.”
Hy en die polisiebeampte is op hul knieë gedwing en het hul selfone, sleutels en beursies aan die verdagtes oorhandig.
“Die een het die vuurwapen die heeltyd op ons gehou.”
Die twee skurke het kort daarna in die polisiebeampte se voertuig gespring om te probeer wegkom.
Kort daarna het die polisiebeampte sy vuurwapen uitgehaal.
“Ek weet nie wie eerste geskiet het nie, maar toe was daar ’n oor-en-weer-skietery. Ek het toe net na binne gehardloop om weg te kom.”
Een verdagte is gewond en die ander het te voet gevlug.
Die betrokke polisiebeampte wou nie op die toneel met Die Burger praat nie.
Ao. November Filander, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
Hy het ook bevestig dat die betrokke polisiebeampte by die parlement werk. Hy wou nie die polisiebeampte se naam verskaf nie.
- Die Burger
Aangeval ná dreigoproepe
Elaine Swanepoel
’n Pretoriase vrou is by haar huis in Daspoort aangeval en verskeie keer met ’n lemmetjie in die gesig gesny toe sy helderoordag wasgoed opgehang het.
Louisa Putter (58) het Vrydagmiddag haar wasgoed opgehang toe ’n man met ’n klapmus oor die kop haar oorrompel het.
Sy het glo die laaste ruk verskeie doodsdreigemente oor die foon en in die pos gekry.
Sy is met ’n voorwerp oor die kop geslaan en het haar bewussyn verloor.
Toe sy weer bykom, was sy aan die wasgoedlyn vasgebind. Haar aanvaller het haar met ’n skerp lemmetjie in haar gesig gesny.
Sy het vooroor gebuk en haar selfoon, wat voor in haar hemp was, het op die grond geval.
Haar seun, Pieter, het die vorige aand, juis weens die dreigoproepe en -briewe, sy nommer op speed dial op haar foon gestel.
Pieter sê sy ma het dit reggekry om hom te bel sonder dat die aanvaller dit kon sien.
“Toe ek die foon antwoord, het ek my ma my naam herhaaldelik hoor skree.”
Hy was naby Hartbeespoortdam en het onmiddellik ’n vriendin gebel wat in die Pretoriase Moot bly.
Sy is na die huis en het hulp van die bure gekry. Een van die mans het oor Louisa se muur gespring en gesien hoe die aanvaller oor die agterste muur vlug.
Louisa is in die Bougainville-hospitaal in Pretoria-Wes opgeneem en die volgende dag ontslaan. “Sy is gesond, maar erg getraumatiseer,” sê Pieter.
Hy sê sy ma het twee weke voor die voorval ’n brief in die pos gekry met die woorde: “Jy gaan doodgaan b****.”
“’n Vreemde man het haar ook verskeie kere gebel en gesê hy weet sy is alleen en sy gaan doodgaan.
Ons het aanvanklik niks daarvan gedink nie omdat daar baie mense is wat dink hulle is snaaks. Sy sou Vrydag ’n klag by die Hercules-polisiekantoor gaan indien het.”
Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van poging tot moord word ondersoek.
Thursday, July 26, 2012
Black Sasol Secunda worker: "I want to kill all the whites"
Description
Black SA worker wants to kill all the whites: Three black males - one works at the Sasol Secunda plant, one from Sasolburg but who works at the Johannesburg health department are talking about planning to 'kill all the whites', they told each other on Facebook. ============================ REMBULUWANI KEVIN RAMUNTSHI - (facebook picture attached) is a mechanical fitter at Sasol Secunda and wrote in response to colleague's message MPHOZA MOFAMERE "I hate whites' ---- by replying: 'Me too. Let's go kill them all Mngani. (20 July at 09h17) -------------- To which SHAUN MOTSITSI -- who is from Sasolburg, but lives in Katlehong and works as a consultant at the Department of Health in Johannesburg, responded: 'guys guys you are in a perfect position to kill them all:' July 20 at 17h44. ======================= http://www.facebook.com/shaun.motsitsi http://www.facebook.com/Kevrembu =======================
71-year-old white woman bludgeoned to death; but her black gardener and maid, also tied up; escape without a blemish
Description
71-yo white woman bludgeoned to death, Klopper Park Welkom Street Bedfordview: black gardener& maid tied up: left unharmed http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/germiston/germiston-news-crime?oid=5917796&sn=Detail&pid=490065&Elderly-woman-murdered 24 July 2012 Klopper Park's Welkom Street was the scene of a murder on Thursday.The drama unfolded when three or four (black male: confirmed by SAPS) intruders gained entry to a house in the street, between 10am and 2pm.It is not clear at this stage how they managed to get in, as the house was well secured.SAPS wo André de Jager, communications officer for the Germiston police said the black men tied up the 73-year-old white woman who owned the house - together with the maid and the gardener. The defenceless elderly white woman then was bludgeoned to death while the maid and the gardener were not harmed.She died on the scene. The elderly lady's .38 special revolver was robbed as well as TV set and her new grey Nissan Micra. The robbers are still at large and the Bedfordview SAPS are investigating.Anyone with information about the murder can contact de Jager on 0824570636. http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/germiston/germiston-news-crime?oid=5917796&sn=Detail&pid=490065&Elderly-woman-murdered
Vrou praat ná gewapende rooftog
Jana van der Merwe
“DIE werk moet aangaan. Ons kan nie stilsit nie,”
Só sê Yvonne Rossouw (62) vasbeslote nadat sy en haar twee huishulpe en mede-baksters vir tuisnywerhede eergisteroggend in ’n huisrooftog in Fichardtpark, Bloemfontein, deur drie gewapende rowers oorval is.
Rossouw is geskop, gestamp en met die loop van ’n pistool in haar gesig gedreig, terwyl haar werknemers, Dalena Moerane (50) en Dinkie Tukola (42), in ’n badkamer toegesluit is.
Yvonne, ’n pensioentrekker, bak vir verskeie tuisnywerhede vir ’n ekstra inkomste.
Dalena en Dinkie is al jare lank haar getroue helpers. Albei is nog baie bang en getraumatiseerd.
Terwyl sy ’n sponskoek uit die oond haal, sê Dalena: “Ek het gisteraand nie ’n oog toegemaak nie.”
In 1999 was sy ook in ’n huisrooftog by haar vorige werkgewer in Langenhovenpark die slagoffer.
Sy is toe ook vasgebind en met ’n vuurwapen gedreig.
“Ek wens dit kan ophou.”
Yvonne se man, Jerry, werk ook van die huis af en herstel yskaste en ander elektriese toestelle.
Een van die rowers het jare lank vir hom gewerk.
Hulle vermoed dit is ook hy wat ’n maande gelede by hul huis ingebreek het.
Yvonne sê: “Hy ken die opset. Hy weet wat is ons doen en late. Hy het geweet my man het koeke afgelewer en was nie by die huis nie.”
In die onlangse inbraak is hul motor se spaarsleutels en haar man se gereedskap gesteel.
“Seker sodat hy sy eie onderneming kan begin. Ons was goed vir hom. Ons het altyd vir hom geld geleen, hy kon maar net vra.”
Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die polisie doen alles wat hy kan om die rowers vas te trek.
- Volksblad
Subscribe to:
Posts (Atom)