Ilse Krige
Stellenbosch - Die Koorts-gesin van Somerset-Wes het dié naweek ’n dubbele beproewing deurgegaan.
Nie net is mnr. Marius Koorts (61) Vrydag omstreeks 11:45 by sy werkplek langs die R44 in die been geskiet en in die waaksaal van die Stellenbosch Medi-Clinic opgeneem nie.
Daar is boonop dieselfde nag by die gesin se huis in Somerset-Wes ingebreek terwyl mev. Roelien Koorts en haar twee dogters ná die uitputting van die dag geslaap het.
Koorts, ’n skrynwerker by die Groote Schuur-antiekwinkel op ’n plaas buite Stellenbosch, is volgens die polisie Vrydag in die regterbobeen gewond. Drie vermeende rowers het hom vermoedelik van die dag se lone vir die werkers beroof, asook van sy motorsleutels en selfoon.
Mev. Koorts en haar kinders het Vrydagaand nadat hulle van die hospitaal af gekom het, gaan slaap.
In die middel van die nag het dié ma van twee wakker geword, blykbaar van die geluid van glas wat breek. Sy het onmiddellik gaan ondersoek instel. ’n Klein venster aan die agterkant van die huis was glo stukkend, maar die voornemende inbreker het hom uit die voete gemaak.
’n Vriend van die gesin wat anoniem wil bly, het vertel die gesin het aanvanklik gevrees die skietery en die inbraak hou verband met mekaar.
“Intussen is daar konsensus dat die twee voorvalle net toevallig op dieselfde dag gebeur het,” het die vriend verduidelik.
Mev. Koorts het glo ’n verklaring by die polisie gaan aflê oor die voorval. Die bure het haar gehelp om Saterdagoggend nog die stukkende ruit te vervang en sommer ook diefwering voor dié venster aan te bring.
Konst. Susan Jantjies, polisiewoordvoerder van Somerset-Wes, het ontken dat só ’n saak by hulle geopen óf aangemeld is. )Me. Carla Hanekom, kliëntediensbestuurder van die Stellenbosch Medi-Clinic, het vroeër bevestig die slagaar in Koorts se been is afgeskiet.
“’n Operasie is Vrydagmiddag uitgevoer waarna mnr. Koorts in die hoësorgeenheid aangesterk het.
“Hy is Saterdag na ’n algemene saal oorgeplaas en sy toestand is stabiel en bevredigend,” het Hanekom gister in ’n hospitaalverklaring gesê.
- Die Burger
REPORT DEATHS OF AFRIKANERS ON
•REPORT DEATHS OF AFRIKANERS ON
http://www.projek2010.co.za/Projek2010/aanvallys.aspx
http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2010/05/fears-of-boer-genocide-well-founded.html
http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2010/05/farm-murder-death-list-1987-may-28-2010.html
http://www.neo-genocide.com/farmitracker/

Monday, October 11, 2010
Vrou in koma ná kopskoot: Sy sterf
Hilda Fourie
Mev. Suna Steenberg, wat bykans ses maande lank in ’n koma was nadat sy tydens ’n huisrooftog op ’n kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, in die kop geskiet is, is dood.
Steenberg (43) het eergisteraand haar laaste asem uitgeblaas nadat sy Vrydag met longinfeksie in die hospitaal opgeneem is. Sy het ook vog op die brein gehad.
“Sy het meer as vyf maande lank ge’fight’. Ek dink net nie sy kon dit meer hanteer nie,” het mnr. Jurie Steenberg (47) gister oor sy vrou gesê.
Mev. Steenberg, eienaar van Montana Pale, is op 16 April in die egpaar se huis in Kameelfontein twee keer in die kop geskiet deur ’n rower.
Sy was sedertdien in ’n koma en het twee maande gelede huis toe gegaan waar haar man en ’n span verpleegsters en susters na haar omgesien het.
Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

Derde huisroof in ’n week in dorp eis pa
Alta Snyman
Hartbeespoort. – ’n Pa is in die derde gewapende huisrooftog in minder as ’n week in ’n woonbuurt van dié dorp geskiet.
Mnr. Heinrich Heck (43) ’n senior ketelmaker in die Krokodilriviermyn se Marula-skag, is in die ambulans op pad na die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria dood.
Mnr. Romano van der Spuy, voorsitter van die misdaadforum vir sektor 1, het gesê Heck, sy vrou en twee kinders, ’n 16-jarige seun en ’n 14-jarige meisie, het eergisteraand omstreeks 19:30 in hul mynhuis in Svenstraat, Ifafi, sit en TV kyk toe twee gewapende mans by die oop buitedeur ingestap het nadat hulle ’n gat in die draadheining geknip het.
Die een man het ’n vuurwapen teen die seun se kop gedruk. Mev. Heck het gegil en opgespring. Die ander rower het agter haar aangehardloop.
Volgens me. Lizanie Nyce, ’n vriendin van mev. Heck, het mnr. Heck ’n glas gegooi na die rower wat die vuurwapen teen sy seun se kop gehou het en die het hom in die bors geskiet.
Daarna is albei indringers by die oop deur uit en deur die gat sonder om iets te buit of iets te eis. Hulle is glo albei lank en het donker klere aangehad.
Paramedici van die Hartbeespoort-noodreddingseenheid het minstens 45 minute lank op die toneel gespook om Heck se toestand te stabiliseer voordat hy na die hospitaal geneem is.
Nyce het gesê die gesin het sowat twee maande gelede in die huis ingetrek nadat hulle langer as 14 jaar in Brits gewoon het.
Sy het die egpaar as baie spontane, vriendelike mense beskryf. “Hulle geniet wat hulle doen en is nie moeilikheidmakers nie. Hulle is stil mense.”
Sy het gesê mev. Heck en die kinders is baie getraumatiseer en sal seker nie gou na die huis terugkeer nie.
Kol. Junior Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig ’n saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
In die eerste van die drie gewapende rooftogte is mev. Dorie Booyens en haar gesin verlede Vrydagaand minder as 1 km van die Hecks af aangehou. Haar seun, Marius (28) is deur twee gewapende mans oorval toe hy in sy motor, ’n wit Ford Focus, in die motorhuis ingery het.
Gedurende die rooftog, wat sowat 15 minute geduur het, is onder meer ’n rekenaar, skootrekenaar, selfone, ’n hoëtroustel, trofeë en ’n muntversameling wat minstens R50 000 werd is, gesteel.
Die rowers het in die Ford Focus gevlug.
Maandag is mnr. Manie en mev. Linda Warren omstreeks 19:30 in hul huis in ’n veiligheidskompleks in Ifafi oorval en sowat twee uur lank aangehou. Die rowers het met onder meer juweliersware, televisiestelle, kontant en rekenaars gevlug.
Van der Spuy het gesê ’n tyd gelede het Ifafi gereeld onder misdaad deurgeloop, maar die laaste paar maande was dit stil.
“En nou drie gewapende rooftogte in ’n week.”
Die meeste rowers kom volgens hom van Diepsloot en Atteridgeville en is selde plaaslike mense. “Dis omdat hoofroetes na Gauteng, soos die R511, hier verbyloop. Dis vinnige wegkomkans.”
Hy het die gemeenskap gevra om by die buurtwagte betrokke te raak, “want dit is doeltreffend. Ons het Woensdagaand 40 buurtwaglede in die strate gehad en daar was geen voorvalle nie. Ek sê nie dit gaan misdaad wegvat nie, maar dit is beslis ’n groot afskrikmiddel.”
Hy het gewaarsku dat veral gewapende rowers graag vroegaand toeslaan.
“Mense kom van die werk af, hulle ontspan en is nie op hul hoede nie. Deure staan oop en alarmstelsels is afgeskakel.
“Mense moet altyd versigtig wees.”

Rowers wond afrigter
André Damons en Pieter Jordaan
Die Leeus-afrigter en voormalige All Black-breier John Mitchell is gister in die vroeë oggendure in ’n huisrooftog in Johannesburg twee keer met ’n mes gesteek.
Hy is ná behandeling uit die hospitaal ontslaan. Gerugte dat sy lewe in gevaar is, is absoluut onwaar, het me. Krystle Geach, woordvoerder van die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU), gesê. “Hy sal môre (Maandag) terug wees op sy pos.”
Die held in dié verhaal is die span se kondisioneringsafrigter, Wayne Taylor. Taylor, ook ’n Nieu-Seelander, het by die badkamervenster uitgespring toe die booswigte aankom om die polisie te bel. Die twee deel ’n huis in Sesde Straat in Hyde Park.
Twee aanvallers het gisteroggend omstreeks 00:30 by die huis ingekom nadat hulle deur ’n klein kombuisvenstertjie geklim het, het ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, gesê.
Mitchell het toe pas in die bed geklim en gesien hoe iemand by sy kamer inkom. Hy het gedink dis Taylor wat die gek met hom skeer, opgespring en met “Wayne” begin stoei.
Dis toe dat die aanvaller hom met ’n mes in die regterbobeen en arm steek.
Die tweede aanvaller het die kamer binnegekom. Een van hulle het vir hom gesê: “Ons is nie hier om jou seer te maak nie, ons is hier om te vat wat ons kom kry het.”
Hulle het Mitchell vasgebind en twee skootrekenaars, ’n digitale kamera, ’n selfoon, drie iPods en ’n onbekende bedrag geld gesteel, het Maphakela gesê.
Taylor kon uitkom en die polisie bel. Die Bramley-polisie was kort daarna op die toneel.
Hulle het die skootrekenaars en kamera buite die huis gekry, maar die aanvallers was al weg.
Mnr. Kevin de Klerk, GLRU-president, het gisteraand laat gesê: “In hierdie stadium is die besonderhede oor die voorval baie vaag, maar ek weet dis nie ernstig nie.”
Mitchell (46) is verlede maand as die Curriebeker-afrigter van die maand aangewys nadat die Leeus onder dié voormalige All Black se afrigting weer na die krag van ouds begin lyk het. Die span het eindelik vyfde op die punteleer geëindig.
Hy het ’n driejaarkontrak geteken om die Leeus en die Super15-span af te rig nadat hy vrygestel is van ’n afrigtingskontrak met die Western Force in Australië.

Vrou pleit, maar kry doodskoot
André Damons
‘Ek het daai twee tewe geskiet. Ek’s klaar met hulle. Ek het hulle doodgemaak.”
So het ’n veiligheidswag eergister aan ’n kollega gesê kort nadat hy na bewering twee vrouekollegas met ’n haelgeweer by ’n Transnet-depot net buite Krugersdorp doodgeskiet het.
Die een vrou het nog vergeefs om haar lewe gepleit nadat die eerste skoot geklap het.
Die wag het sy kollega ná die skietery opdrag gegee om die polisie te bel “omdat hy wou gaan lugtyd koop”.
Die vroue het, nes hul vermeende moordenaar, vir die Fidelity Security Group gewerk. Hy doen diens by Transnet se ingenieursdepot in Millsite en hulle was veiligheidswagte by Transnet se lokomotiefdepot langsaan.
Die twee vroue het omstreeks 09:45 by die ingenieursdepot-perseel ingestap, het ’n vierde veiligheidswag, wat anoniem wil bly, gister aan Beeld vertel.
“Ek het hulle gevra waarmee ek hulle kan help en wat hulle soek. Hulle het gesê dit het niks met my te doen nie en dat hul senior hulle gestuur het.”
Die getuie het gesê sy kollega was van die begin af baie aggressief toe hy die twee vroue sien.
Volgens hom het die kollega na die kantoor gestap om na die vroue te gaan soek. Hy het egter kort daarna teruggekom en gesê hulle is nie daar nie.
“Hy is toe agtertoe om verder na hulle te soek en nie lank nie toe hoor ek ’n skoot afgaan. Ek het my pistool gegryp en uitgehardloop om te gaan kyk. Toe hoor ek ’n vrou skreeu: ‘Moet my nie skiet nie, moet my nie doodmaak nie, asseblief. Wie gaan na my kind omsien?’ Toe klap nog ’n skoot.”
Die vroue se lyke het sowat 100?m van mekaar gelê.
Volgens die getuie het die vermeende moordenaar na hom aangestap gekom en gesê: “Ek het daai twee tewe geskiet. Wat soek hulle hier? Wat soek hulle op my f****n perseel? Ek het hulle doodgemaak.”
“Hy het gesê ek moet die polisie bel,” het die ooggetuie gesê. “Ek het my broek natgemaak, want ek het gedink hy gaan my skiet.”
Hy het die polisie gebel nadat hy sy kollega oorreed het om sy wapen toe te sluit. Die polisie was binne minute op die toneel.
Terwyl die getuie nog met die polisie gepraat het, het die vermeende skieter teruggekom en gesê: “Sê vir hulle (die polisie) ek is terug.”
Hy is toe in hegtenis geneem.
Volgens ao. Odette van Staden, polisiewoordvoerder, is die een vrou in die gesig geskiet en die ander in die lyf.
Die man sal na verwagting vandag in die hof in Krugersdorp verskyn.
Die name van die oorledenes is teen druktyd nog nie bekend gemaak nie.

Aanvallers brand los op hoewe-eienaar
'n 58-jarige man is in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat aanvallers hom deur 'n venster in sy huis op 'n kleinhoewe in Pretoria-Noord geskiet het.
Die man het 'n geluid gehoor en opgestaan om ondersoek in te stel. Boosdoeners wat buite by 'n venster gestaan het, het op hom losgebrand. Die man het dieper in sy huis ingevlug terwyl die aanvallers steeds op hom geskiet het.
Die polisie het baie vinnig op die toneel opgedaag en die aanvallers het op die vlug geslaan.
Die man se vrou en kind wat ook in die huis was is nie beseer nie.
Die polisie ondersoek die saak. - ER24

Nasionalisering en onteiening
Geskryf deur Herman Toerien
Woensdag, 06 Oktober 2010 09:43
‘n Hofsaak wat nou plaasvind, gaan rigtinggewend wees vir nasionaliseringsplanne.
In die Noord-Gautengse Hooggregshof in Pretoria eis Agri SA altesaam R99 miljard namens sy lede van die staat weens die wyse waarop boere in 2004 hul besitreg op die sogenaamde ondergrond van hul eiendom kwyt is.
In wese het die wetgewing die staat die voog van alle mineraaleregte, namens al die inwoners van die land, gemaak.
Hierdeur het boere ‘n bate verloor wat dikwels as sekuriteit aangebied kon word, dikwels losstaande verkoop is, en wat soms welvaart gebring het as daar goud of ander minerale in die grond was.
Met die – wat Agri SA die onteiening van mineraleregte noem – het soms haas ongehoorde situasies ontstaan. Die sogenaamde soutboere, mense wat klein lappies grond gekoop het ter wille van die soutpanne daarop, het skielik gevind hulle besit basies waardelose lappies grond. Enigeen kon aansoek doen vir die regte om die sout te ontgin, en weens die beleid van die regering, het swart aansoekers, of instansies met swart aandeelhouding, voorkeur gekry.
Onder die sake wat in die hof gaan draai het was ‘n wildboer wat op ‘n dag ontdek het sy grensdraad is geknip, en iemand was besig om met die nodige dokumentasie, ‘n gruisgroef op sy plaas in te rig.
Die wyse waarop die mineraleregte by Sishen eienaarskap verwissel het, word as een van die land se grootste skandale van nepotisme beskou.
Tot grondwater het die eiendom van die land se mense geword, of anders gestel, is nou staatsbesit.
Die staat se ontkenning dat dit op die onteiening neerkom, het ervare regsgeleerdes in onbegrip die kop laat skud.
In ‘n stadium het die regering aangedui dat oorweeg word om ook die bogrond tot nasionale bate te verklaar, ten einde die grondhervormingsproses makliker te laat vorder. Teen die agtergrond van wat met die ondergrond gebeur het, kan niemand verkwalik word as hy dit as ‘n kwalik bedekte metode beskou het om plase te onteien nie.
Ongeag die uitslag van hierdie uitspraak gaan dit in alle waarskynlikheid uiteindelik ‘n draai in die grondwethof maak. Baie van die beginsels wat ter sprake is, het ooreenkomste met die baie bekende Modderklip-saak, waar plakkers in effek ‘n boer se grond beset, en die staat skouers opgetrek het. Die nuwe saak kan in baie opsigte ‘n waterskeidingsaak wees.
Die implikasies is legio. Soos sake nou staan, sal baie detail spandeer moet word aan die status van mineraleregte sou daar in ‘n stadium ‘n tipe volkstaat begin ontwikkel soos waarvoor die grondwet in teorie voor voorsiening maak. Kom die staat hiermee weg, kan die vraag gevra word van wat nog veilig is, selfs sonder die wysiging van die grondwetlike beskerming van eiendomsreg.
Bedoeld of onbedoeld, die kwessie het reeds tot ‘n nuwe rassedispuut gelei, waar persepsies die botoon voer. In kommentaarkolomme word ten gunste van die regering aangevoer wit mense het swart mense se grond gesteel. Argumente ten gunste van Agri SA is dat dié instelling nie net wit boere verteenwoordig nie. Van ‘n weergawe wat die land se werklike geskiedenis weergegee word is min tekens...veel eerder handel dit oor persepsies van die geskiedenis wat vermaarde geskiedskrywers soos Theal tot die irrelevante reduseer.

Subscribe to:
Posts (Atom)