Omstreeks 15:50, Vrydag 19 November 2010, het ons , soos gewoonlik , in ons voorhuis gesit.
Die hek klokkiehet gelui.
My seun, Daviyd, is hek toe, want ons het ‘n klein “spaza”-winkel.
Die Polisie was daar. Hulle het hom gevra of ons alkohol verkoop.
Daviyd het gesê nee.
Hulle wou inkom en kom kyk, maar Daviyd het gesê dat hulle eers ‘n lasbrief moet hê.
Een van die swart polisielede het vir haar dienspistool gemik, maar toe sien sy Daviyd het nie ‘n wapen gehad nie.
Toe twee van die swart polisie oor die muur wou klim, het Daviyd sy pa gaan roep.
Daar was drie voertuie met min of meer agt swart polisie, mans en vrouens.
Hulle was baie aggressief.
Ons het gesê net twee mag inkom en kom soek; ons het ook gevra wat hulle kom soek het.
Hulle het gesê: “Julle sal sien wat ons kom soek het.”
Ons het gesê dat ons hulle dop hou, sodat hulle niks kan plant nie.
Ek het vir hulle gesê ek bel my prokureur, toe sê hulle ek kan twintig prokureurs bel.
Ek het toe vir mnr Voltan Senekal gebel en gevra wat ek moet doen.
Toe hulle sien ek is op die foon, onttrek hulle na hulle voertuie toe.
Voltan het advies gegee dat ek hulle moet inlaat want ek het niks om weg te steek nie.
Hulle het gesê hulle wag vir die bevelvoerder, brigadier Le Grange.
Toe hy hier aan kom het hy die honde-eenheid laat kom om vas te stel of daar enige dwelms op ons perseel is.
Daar was nou omtrent 10 - 15 swart polisielede en een wit polisielid (brigadier Le Grange) met ses voertuie.
Nie een het ‘n lasbrief gehad nie, nie eers die brigadier nie.
Hulle het beweer dat my kinders die “dwelms” wegsteek, omrede ek hulle nie wou inlaat nie.
Die kinders wou ons hondjies bêre, want ons was bang die hondjies byt hulle.
Daar is niks op die perseel gevind nie (behalwe gemmerbier) want ek en my kinders is nie skelms nie.
Hulle het almal in my dogter (15) se kamer gaan soek, haar opgemaakte bed omgekrap.
En onder haar breimasjien gesoek, en amper haar naaimasjien van haar lessenaar afgeruk.
En vier het daarna my seun (18) se kamer gaan deursoek.
Hulle het gevra wat die voëlsaad op die vloer was, toe hy sê dit was sy duif onder die bed s'n. Hulle gekyk of hy die waarheid praat, sy duif is inderdaad onder sy bed.
My kinders voel hulle privaatheid is geskend.
Waarom was dit nodig dat vyftien swart polisielede, vier wit mense kom probeer intimideer het?
Hier is drie van die ses voertuie se registrasienommers:
BRL 525 B
BRV 410 B
BNW 360 B
Meeste van die polisielede het nie naamborde opgehad nie, so kan ongelukkig nie hulle name verskaf nie, behalwe die brigadier s'n.
No comments:
Post a Comment