Monday, June 21, 2010

Volksmoordaanhitsing kring wyer uit
Geskryf deur praag
Maandag, 21 Junie 2010 09:14
Teksboodskappe waarin swartes aangehits word om blankes te vermoor en agterna "video's daarvan op YouTube te plaas" word landwyd versend en werkers by 'n onderneming op Tzaneen het dit aan hul werkgewer kom toon.

Gerugte dat daar ná die wêreldbeker aanvalle op sowel blankes as buitelandse swartes mag plaasvind, loop tans wyd. 'n Praag-verslaggewer het Zimbabwiese kelners in Johannesburg hieroor ondervra en elkeen het spontaan bevestig dat daar groot kommer onder buitelandse swartes heers oor wat ná die sokkerwêreldbeker mag plaasvind.

Dieselfde vrese as in Johannesburg is deur Zimbabwiërs bevestig wat op verskillende dorpe in die Limpopo-provinsie ondervra is.

Blankes se 'gunstelinge'
Op die vraag waarom Suid-Afrikaanse swartes veral Zimbabwiërs haat, is geantwoord: "Hulle sien ons as die blankes se gunstelinge. Ons werk harder en daarom verkies ondernemings en restaurante om ons aan te stel. Ons gaan lê ook nie klagtes by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie nie. Die Suid-Afrikaners is vas oortuig dat ons hulle van werk ontneem."

Zimbabwiërs ondersteun oor die algemeen die Suid-Afrikaanse sokkerspan of ander Afrikaspanne. Maar sodanige steun maak blykbaar geen verskil aan die xenofobiese gevoelens wat Suid-Afrikaanse swartes teenoor buitelanders koester nie.

"Die Suid-Afrikaners is lui. Hulle kan nie met ons meeding nie en daarom wil hulle ons uit die land verdryf," sê Maria, 'n Zimbabwiër wat in Bellevue, Johannesburg saam met haar man en twee kinders woon.

"Die Suid-Afrikaners word ook deur die blankes bedreig," gaan sy voort. "Ons het aan die ander kant 'n baie goeie verhouding met die Suid-Afrikaanse blankes. Hulle is intelligent en ondernemend. Ons voel glad nie deur hulle bedreig nie en word oor die algemeen goed behandel. Maar elke dag as ek die taxi werk toe neem, vrees ek vir my lewe tussen die Suid-Afrikaanse swartes."

Sy sê die polisie dreig Zimbabwiërs gereeld en daarom meen sy die aksie word deur die leierskap in die ANC gedryf.

No comments:

Post a Comment